Arthur Machen | |
---|---|
![]() Arthur Machen. | |
Gebore | Arthur Llewellyn Jones 3 Maart 1863 Caerleon, Wallis |
Sterf | 15 Desember 1947 (op 84) Beaconsfield, Buckinghamshire, Engeland |
Beroep | Skrywer, joernalis, akteur |
Nasionaliteit | Wallies |
Genre | Rillers Bonatuurlike fiksie |
Noemenswaardige werke | The Great God Pan |
Handtekening | |
![]() |
Arthur Machen (3 Maart 1863 - 15 Desember 1947) was die skuilnaam van Arthur Llewellyn Jones, 'n Walliese skrywer en mistikus van die 1890's en vroeë 20ste eeu. Hy is veral bekend vir sy invloedryke bonatuurlike fantasie en rillerfiksie.
Sy novelle The Great God Pan (1890; 1894) het bekend geraak as 'n klassieke riller. Stephen King het dit beskryf as "dalk die beste riller in Engels".[1] Hy is ook bekend vir "The Bowmen", 'n kortverhaal wat wyd as die waarheid aanvaar is.