الشعراء Soera 26 van die Koran | ||
Klassifikasie | Mekkaans | |
In Arabies | Ash-Shu‘arâ | |
Transliterasie | Asj-sjoe'ara | |
In Afrikaans | "Die Digters" | |
Deel | 19 | |
Ajat | 227 |
Ash-Shu‘arâ (Arabies: الشعراء, "Die Digters") is die 26ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 227 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Dié soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) Tô, Sien, Miem. Baie van die verse is baie kort. Die naam "Die Digters" kom van die woorde in vers 224.[1]
Die hoofstuk handel oor verskeie profete en hoe die ongelowiges vernietig is nadat hulle die profete met die dood gedreig het. Daar word ook vertel van die genade van God. Dit begin met die verhaal van Moses, gevolg deur dié van Abraham, Noag, Hüd en ander.