Ashmore- en Cartiereilande Inheemse naam: Ashmore and Cartier Islands | |
---|---|
Kaart van die Ashmore- en Cartiereilande | |
Geografie
| |
Ligging | Indiese Oseaan |
Koördinate | 12°15′30″S 123°02′30″O / 12.25833°S 123.04167°O |
Argipel | Ashmore- en Cartiereilande
|
Hoofeilande | 4 |
Oppervlakte | 199,4 vk km
|
Administrasie | |
Australië | |
Eksterne gebied | Ashmore- en Cartiereilande
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die Gebied van die Ashmore- en Cartiereilande (Engels: Territory of Ashmore and Cartier Islands[1]) is 'n onbewoonde eksterne gebied van Australië,[2] wat uit die Ashmoreeilande en die Cartiereiland bestaan. Hulle is in die Indiese Oseaan op die rand van die kontinentale plat van die Australiese kontinent sowat 320 km noordwes van Australië en 144 km suid van die Indonesiese eiland Rote geleë.[3]
Die gebied bestaan uit die Ashmore-rif met 155,4 km² (insluitend die West-, Middle-, East-eilande en twee strandmere binne die rif) en die Cartier-rif met 44 km² (insluitend die Cartier-eiland). Die nabygeleë Hibernia-rif, 42 km noordoos van die Ashmore-rif, behoort nie tot die gebied nie, maar maak deel uit van die Australiese deelstaat Wes-Australië.[4]