Aspergillus flavus

'n Konidiofoor van A. flavus.

Aspergillus flavus is 'n swam wat soms op landbouprodukte soos grondboontjies voorkom en die toksien aflatoksien veroorsaak. Die toksien is gevaarlik vir jong diere wanneer hulle dit saam met veevoer inkry. Diere wat besmette voedsel gevoer word, kan toksien in eiers, melkprodukte en vleis oordra. Mense kan ook direk blootgestel word deur, onder andere, grondboontjiebotter. Kinders is veral kwesbaar vir blootstelling aan aflatoksien, wat geassosieer word met verswakte immuniteit, vertraagde ontwikkeling, en lewerkanker.

Volwassenes het 'n hoër weerstand teen aflatoksien, maar is ook in gevaar om aangetas te word. Daar word van geen diersoort geweet wat immuun is nie. Aflatoksien word beskou as een van die mees kankerwekkende stowwe wat bekend is. Dit kan moontlik lewerkanker veroorsaak.

In 2024 herroep die Suid-Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie verskeie grondboontjiebotter handelsmerke weens moontlike besmetting met aflatoksien.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne