Asrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Vrystaat |
Hoofrivier | Liebenbergsvleirivier |
Oorsprong | Noordhange van Rooiberge naby Clarens |
Sytak -regs | Kroonspruit |
Monding | Sol Plaatjedam |
Lengte | c. 50 km |
Oorsprong-hoogte | 2 160 m |
Monding-hoogte | 1 630 m |
Koördinate: 28°16′36″S 28°22′22″O / 28.27667°S 28.37278°O |
Die Asrivier is 'n sytak van die Liebenbergsvleirivier in die oos-Vrystaat, Suid-Afrika. Sedert 1968 word dit deur die Sol Plaatjedam opgedam by die samevloeiing met die Liebenbergsvlei, net oos van Bethlehem. Dit ontspring wes van Clarens, sowat 35 km suidoos van Bethlehem, aan die noordhang van Drie Susters (2 331 m) in die Rooiberge.[1] Die sterkvloeiende rivier was voor die oopstel van die Lesotho-Hoogland-waterprojek se leweringstonnel in 1998, net 'n klein spruitjie.[1]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek (link)