Astana

Astana
Астана

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Kasakstan Kasakstan
 Koördinate 51°10′N 71°26′O / 51.167°N 71.433°O / 51.167; 71.433
 Stigting 1830
 Oppervlakte:  
 - Totaal 810,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 347 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 1 136 008
 - Bevolkingsdigtheid 1 300/vk km
 Tydsone UTC +6 (ALMT)
 Burgemeester Altai Kölgınof
 Amptelike webwerf astana.gov.kz

Astana (Kasaks: Астана, [ɑstɑnɑ], , letterlik: "hoofstad"; Russies: Астана), tot 2022 onderskeidelik bekend as Akmola, Tselinograd, Akmolinsk of Noer-Soeltan, is sedert 1997 die hoofstad en tweede grootste stad van Kasakstan naas Almati met 'n oppervlakte van 710,2 km² en 'n bevolking van meer as een miljoen in 2020. Die stad is langs die Isjimrivier, in Kasakstan Esil genoem, geleë.

Nasa-Satellietbeeld van Astana in 2017

Voor 1997 was Astana 'n onbeduidende stad in die sentrum van Kasakstan met sy tipiese steppeklimaat. Nadat dit deur president Noersoeltan Nazarbajef tot die nuwe hoofstad van die land en 'n simbool van nasionale eenheid verklaar is, is internasionaal bekende argitekte soos Norman Foster uitgenooi om nuwe geboue te ontwerp. Na die aftrede van president Noersoeltan Nazarbajef op 20 Maart 2019 is Astana na Noer-Soeltan herdoop.[1] In 2022 het die Kasakse parlement egter besluit om die stad se naam in Astana terug te verander.[2]

  1. (en) "Nursultan: Kazakhstan renames capital Astana after ex-president". BBC. 20 Maart 2019. Besoek op 18 September 2022.
  2. (en) "Kazakhstan to change name of capital from Nur-sultan back to Astana". The Guardian. 14 September 2022. Besoek op 18 September 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne