Athol Fugard

Athol Fugard
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Athol Fugard en die aktrise Yvonne Bryceland, wat 'n hoofrol in baie van sy toneelstukke vertolk het.

Geboortenaam Harold Athol Lanigan Fugard
Geboorte 11 Junie 1932 (1932-06-11) (92 jaar oud)
Middelburg, Oos-Kaap
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Dramaturg, akteur en regisseur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Athol Fugard OIS (11 Junie 1932) is 'n Suid-Afrikaanse dramaturg, akteur en regisseur en het internasionale erkenning ontvang as een van die voortreflikste figure op die gebied van Suid-Afrikaanse Engelse drama gedurende die laaste dertig jaar van die twintigste eeu. Sy toneelstukke is op verhoë dwarsoor die wêreld aangebied en sluit die volgende in:

  • Die kragtige Boesman en Lena (1969), wat Clive Barnes van die New York Times in 1970 genoop het om te skryf: "die afgelope jare het daar niks wat beter is as mnr. Fugard se skryfwerk uit Suid-Afrika gekom nie";
  • Hello and goodbye (1965);
  • Sizwe Banzi is dead (1973);
  • A lesson from aloes (1979) en
  • Master Harold and the Boys (1982).

Fugard was 'n onvermoeide kritikus teen die apartheidsbewind en sy toneelstukke het skerp, maar sarkastiese, kommentaar gelewer oor die leed wat apartheidswetgewing meegebring het. Fugard is "Suid-Afrika se teaterstem of gewete tydens apartheid" genoem.[verwysing benodig]


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne