Audi A1 3-deurluikrug 1.2 TFSI Ambition S-line | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Audi |
Produksie | 2010–huidig |
Montering | Brussels, België |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Supermini (B-segment) |
Bakstyl | 3-deur- en 5-deurluikrug |
Uitleg | dwarsgemonteerde voorenjin, voor- of vierwieldryf quattro vierwieldryf-op-aanvraag (in die A1 Quattro)[1] |
Platform | Volkswagengroep PQ25 |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.2 L TFSI 76 kW I4 petrol 1.4 L TFSI 90 kW I4 petrol 2.0 L TDI 105 kW I4 diesel[2] |
Ratkas | 5- of 6-ganghandrat 7-gang S-tronic 1-gang (A1 e-tron) |
Lengte | 3954 mm[3] |
Breedte | 1740 mm |
Hoogte | 1416 mm |
Massa | 1040 - 1140 kg |
Asafstand | 2469 mm[3] |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Audi 50[4] |
Variante | Volkswagen Polo Mk5 Seat Ibiza Mk4 |
Die Audi A1 is 'n ekonomiese superminimotor wat in 2010 by die Geneefse Motorskou deur die Duitse motorvervaardiger Audi bekendgestel is. Die eerste geslag A1 gebruik die Volkswagengroep PQ25 platform.
Verkope van die eerste driedeur A1 model het in Augustus 2010 in Duitsland begin, gevolg deur die Verenigde Koninkryk in November 2010.[5] 'n Vyfdeurweergawe, die sogenaamde "Sportback", is in November 2011 van stapel gestuur, met verkope wat gedurende die lente van 2012 in uitvoermarkte begin het.[6]