Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Audi |
Produksie | B5: 1994-2001, B6 2000-2006, B7: 2004-2008, B8 2008-2015, B9 2015-2023, B10 2023-huidig |
Montering | Ingolstadt, Duitsland Neckarsulm, Duitsland Changchun, Volksrepubliek China (FAW-VW)[1] Tokio, Japan (Audi Motor Assembly) Jakarta, Indonesië (Garuda Mataram) Solomonovo, Oekraïne Aurangabad, Indië |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte uitvoerende motor |
Uitleg | Langsgeplaasde voorenjin, voorwieldryf of quattro permanente vierwielaandrywing |
Platform | Volkswagengroep B platform |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Audi 80 |
Die Audi A4 is 'n reeks kompakte uitvoerende motors vervaardig sedert die einde van 1994 deur die Duitse motorvervaardiger Audi, 'n filiaal van die Volkswagengroep.
Die A4 strek reeds oor vier geslagte en is gebaseer op die Volkswagengroep B platform. Die eerste geslag A4 het die Audi 80 opgevolg. Die motorvervaardiger se interne nommeringstelsel behandel die A4 as 'n voortsetting van die Audi 80 afkoms, met die aanvanklike A4 aangewys as die B5-reeks, gevolg deur die B6, B7, en die huidige B8. Die B8 A4 is gebou op die Volkswagengroep MLB platform gedeel met baie ander Audi-modelle en potensieel een Porschemodel binne die Volkswagengroep.
Die Audi A4-enjinuitleg bestaan uit 'n langsgeplaasde voorenjinontwerp, met transas-tipe uitlopers aan die agterkant van die enjin gemonteer. Die motors het voorwielaandrywing, of, op 'n paar modelle, die vierwieldryf "quattro".
Die A4 is beskikbaar as 'n sedan en 'n stasiewa. Die tweede (B6) en derde geslagte (B7) van die A4 het ook 'n omskepbare weergawe, maar die B8 weergawe het 'n variant van die Audi A5 geword, en plaas Audi terug in die kompakte uitvoerende koepeesegment.