Augrabiesplatakkedis | |
---|---|
Mannetjie in die Augrabies Nasionale Park. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. broadleyi
|
Binomiale naam | |
Platysaurus broadleyi |
Die Augrabiesplatakkedis (Platysaurus broadleyi) is 'n akkedis wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit is 15 tot 17 cm lank, leef op granietrotse en vreet miere. Die mannetjie is helderkleurig met 'n turkoois kop, oranje sye en inkblou keel. Die wyfie is bruin met drie ligte strepe op die rug. Dit kan die beste besigtig word by die Augrabieswaterval.