Auro-3D is 'n driedimensionele oudioformaat wat deur die Belgiese onderneming Auro Technologies ontwikkel is. Hoogtemikrofone word tydens klankopnames ingespan om natuurlike klankweerkaatsings op te neem wat in tuisteater- en omringklankstelsels deur hoogteluidsprekers weergegee kan word.