Avro Anson | |
---|---|
Tipe | Patrollievliegtuig |
Vervaardiger | Avro |
Nooiensvlug | 24 Maart 1935 |
Bekendstelling | 1936 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Britse Lugmag Britse Vloot Koninklike Kanadese Lugmag |
Vervaardig | 1930–1952 |
Aantal gebou | 11,020 |
Ontwikkel van | Avro 652A |
Die Avro Anson is 'n tweemotorige kuspatrollievliegtuig wat vir militêre doeleindes ontwikkel is uit die sessitplek-Avro 652A kommersiële vliegtuig. Die militêre prototipe (K 4771) het sy nooiensvlug op 24 Maart 1935 voltooi. Die vliegtuig is deur die Britse Lugmag, Britse Vloot Lugmag en Koninklike Kanadese Lugmag gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Anson is later vervang deur die Lockheed Hudson.