Avro Lincoln | |
---|---|
Tipe | Strategiese bomwerper |
Vervaardiger | Avro |
Nooiensvlug | 9 Junie 1944 |
Bekendstelling | 1945 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Britse Lugmag Argentynse Lugmag |
Vervaardig | 604 |
Ontwikkel van | Avro Lancaster |
Die Avro Lincoln was 'n bomwerper van die Britse Lugmag wat ontwikkel is uit die Avro Lancaster. Die Lincoln is ontwikkel uit die Lancaster IV en ontwerp om aan die Britse lugvaartministerie se behoefte te voldoen vir die vervanging van die Lancaster. Gedurende 1943 het die ministerie se beplanners besef dat hulle ook in die Stille Oseaan oorlog betrokke gaan raak en 'n behoefte bestaan vir 'n bomwerper met 'n lang togafstand. Die afstande tussen die vliegvelde en teikens was enorm.
Die Avro Shackleton is ontwikkel vanaf die Lincoln.
Daar was verskeie ontwerpelemente van die Lancaster na die Lincoln oorgedra, tewens die familieherkoms is duidelik. Die vliegtuig was egter 'n totaal ander ontwerp en word derhalwe die Lincoln genoem. Die vlerke was nuut wat 'n groter romp tot gevolg gehad het. Dit was ook swaarder bewapen. Die verhoogde gewig het gelei tot 'n verbeterde onderstel. Die prototipe, onder beheer van kaptein Brown, het sy nooiensvlug op 9 Junie 1944 voltooi te Ringway, Manchester.
Omrede die produksie van die Lancasters prioriteit geniet het, het die eerste Lincolns eers in Augustus 1945 die Britse eskaders in die Stille Oseaan bereik. Die vliegtuig was egter van meet af onder druk omrede straalaangedrewe bomwerpers besig was om die skroefaangedrewe vliegtuie te vervang. Die Britse Lugmag het gou van die Lincolns vervang met oud Amerikaanse Boeing B-29 Superfortress, wat aansienlik vinniger was.
Tog was van die Lincolns gebruik in konflik; teen die kommunistiese terroriste in Malaya in 1950 en ook die Mau Mau in Kenia vanaf 1953. Die Lincolns was vervang met V-bomwerpers vanaf 1953. Die laaste Lincolns het diens gedoen tot Mei 1963 en was gebruik vir radar-ontwikkeling.