Awwakoem Petrof (Russies: Аввакум Петров; 20 November 1620 of 1621 – 14 April 1682) was ’n Russiese aartspriester wat die konserwatiewe opposisie gelei het teen patriarg Nikon se hervormings van die Russies-Ortodokse Kerk wat gelei het tot ’n kerkskeuring. Sy outobiografie, Die Lewe van aartspriester Awwakoem, en sy briewe aan die tsaar en ander teenstanders van die kerkhervormings word beskou as meesterwerke van die 17de-eeuse Russiese letterkunde.