Aya Sophia | ||
Uitsig op die Aya Sophia vanaf Sultanahmet-plein. | ||
Ligging | Istanboel, Turkye | |
Voltooi | 537 n.C. | |
Status | Bisantynse Christelike katedraal (537-1054) Grieks-Ortodokse katedraal (1054-1204) Rooms-Katolieke katedraal (1204-1261) Grieks-Ortodokse katedraal (1261-1453) Ottomaanse moskee (1453-1931) Museum (1935-tans) | |
Argitek(te ) | Isidore van Miletus Anthemius van Tralles | |
Spesifikasies | ||
Materiale | Maatsteen, bakstene | |
Styl | Bisantyns |
Deel van Historiese gebiede van Istanboel* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Lande | Turkye |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | (i)(ii)(iii)(iv) |
Verwysings | 356bis |
Streek† | |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1985 (9de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Aya Sophia of Hagia Sophia (Grieks: Ἁγία Σοφία, "Heilige Wysheid"; Latyn: Sancta Sophia of Sancta Sapientia; Turks: Ayasofya) is ’n eertydse Oosters-Ortodokse basilika, later ’n moskee en nou ’n museum in Istanboel, Turkye. Van sy inwyding in 360 tot in 1453 was dit ’n katedraal van Konstantinopel, behalwe tussen 1204 en 1261 toe dit ’n katedraal van die Latynse Ryk was. Die gebou was ’n moskee van 23 Mei 1453 tot in 1934, toe dit gesekulariseer is; dit het op 1 Februarie 1935 ’n museum geword.[1]
Dit is veral bekend vir sy enorme koepel en word beskou as die beste voorbeeld van die Bisantynse argitektuur. Dit het destyds die "geskiedenis van argitektuur verander".[2] Die Aya Sophia was byna duisend jaar lank die grootste katedraal in die wêreld, tot met die voltooiing van die Sevilla-katedraal in 1520.
Die kerk is ontwerp deur Isidore van Miletus, ’n fisikus, en Anthemius van Tralles, ’n wiskundige.[3] Dit het onder andere ’n groot versameling relieke gehuisves, asook ’n 15 meter hoë silwer-ikonestase (beeldewand).
In 1453 is Konstantinopel deur die Ottomaanse Turke verower en sultan Mehmet II het gelas dat die gebou ’n moskee word.[4] Die klokke, altaar, ikonestase en offervate is verwyder en baie van die mosaïekwerk is toegemessel. Die Islamitiese elemente soos die mihrab (gebedsnis), minbar (kansel) en vier minarette buite is tydens sy jare as moskee bygevoeg. Dit is in 1935 deur die Republiek van Turkye onder Mustafa Kemal Atatürk in 'n museum verander.
Dit was byna 500 jaar die hoofmoskee in Istanboel en het as model gedien vir baie latere Ottomaanse moskees soos die Blou en die Süleymaniye-moskee.