BHP Billiton Limited & Plc | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | Broken Hill Proprietary Company Limited (BHP) 1885; Billiton plc 1860; samesmelting van BHP & Billiton 2001 (stigting van 'n DLC) |
Hoofkantoor | Melbourne, Victoria, Australië |
Sleutelpersone | Andrew Mackenzie (hoof uitvoerende beampte) Jacques Nasser (voorsitter van die Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Metale en Mynbou |
Produkte | Ystererts, diamante, steenkool, mangaan, goud, ru-olie, aluminium, koper, aardgas, nikkel, uraan en silwer |
Inkomste | $65,968 miljard[1] (2013) |
Bedryfsinkomste | $19,225 miljard[1] (2013) |
Netto inkomste | $11,075 miljard[1] (2013) |
Werknemers | 49 496[1] (2013) |
Webwerf | bhpbilliton.com |
BHP Billiton is die wêreld se grootste mynboumaatskappy.[2] Die maatskappy het ontstaan na 'n samesmelting in 2001 tussen Australië se Broken Hill Proprietary Company (BHP) en die Verenigde Koninkryk se Billiton, wat 'n Nederlandse en Suid-Afrikaanse agtergrond het.[3] Die gevolg is 'n dubbelgenoteerde maatskappy met hoofkantore in Melbourne en in Londen. BHP Billiton Limited, wat die meerderheidsaandeelhouer in die dubbelgenoteerde struktuur is, is op die Australiese aandelebeurs gelys. BHP Billiton Plc is op die Londenbeurs genoteer en is deel van die FTSE 100 indeks.