BMW

Bayerische Motoren Werke Aktiengesellschaft
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 7 Maart 1916
Hoofkantoor MünchenVlag van Duitsland Duitsland
SleutelpersoneOliver Zipse (Hoof- uitvoerende beampte)
Norbert Reithofer (voorsitter van die Toesighoudende Raad)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMotorvervaardiger
ProdukteMotorvoertuie en motorfietse
Inkomste € 98 990 miljoen (2020)[1]
Bedryfsinkomste € 5,222 miljard (2020)[1]
Netto inkomste € 3,857 miljard (2020)[1]
Werknemers133 778 (2019)[2]
MoedermaatskappyOpenbare beleggings (50%);
Stefan Quandt (29%),
Susanne Klatten (21%)
Webwerfbmwgroup.com
Die hoofkwartier van BMW, sy hoofaanleg en die BMW-wêreldgebou in München

BMW (kort vir Bayerische Motoren Werke AG) is 'n Duitse maatskappy wat weelde- en sportmotors, asook kragtige motorfietse vervaardig.[3] Hulle hoofkantoor is in München. BMW besit BMW Mini en Rolls-Royce. Hulle het voorheen ook Rover besit.

Hulle huidige slagspreuk in die Verenigde Koninkryk is "The Ultimate Driving Machine", terwyl dit in Suid-Afrika en die VSA "Sheer Driving Pleasure" is. In Afrikaans is die slagspreuk "Loutere bestuursgenot".

BMW se kompetisie sluit in Alfa Romeo, Audi, Lexus, Mercedes-Benz, Volvo en Porsche.

  1. 1,0 1,1 1,2 "BMW Group Report 2020" (PDF). BMW. pp. 9, 130, 136. Besoek op 23 Maart 2021.
  2. "Annual Report 2019" (PDF). BMW. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Maart 2020. Besoek op 19 Maart 2020.
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne