![]() | |
Oorsig | |
---|---|
Produksie | April 1994–Julie 2001 |
Montering | ![]() |
Ontwerper | Boyke Boyer |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Volgrootte luuksemotor (F-segment) |
Bakstyl | 4-deursedan |
Uitleg | Voorenjin, agterwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | |
Ratkas |
|
Lengte | SWB: 4984 mm LWB: 5124 mm |
Breedte | 1862 mm |
Hoogte | 1425 – 1435 mm |
Massa | 1710 – 2085 kg |
Asafstand | SWB: 2930 mm LWB: 3070 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW 7-reeks (E32) |
Opvolger | BMW 7-reeks (E65) |
Die BMW E38, wat van April 1994 tot 2001 vervaardig is, was die derde generasie van die BMW 7-reeks. Die vlagskip was 'n aantreklike evolusie in die ontwerptaal van die vorige E32-generasie. Die nuwe 7 was beskikbaar met inlynses-, V8 en V12 petrol- en inlynses en V8 dieselenjins. In 2001 is die E38 vervang deur die E65 7-reeks.
Die E38 was die eerste motor met gordynlugsakke. Dit was ook die eerste Europese motor wat satellietnavigasie gehad het[1] en die eerste BMW wat 'n ingeboude televisie aangebied het. Die E38 was die eerste 7-reeks wat met 'n dieselenjin beskikbaar was.