Oorsig | |
---|---|
Produksietyd | 2011-2017 |
Konfigurasie | Inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 1.6-2.0 L |
Blok | Aluminium |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | DOHC met VVT en VVL |
Brandstoftipe | Petrol |
Turboaanjaer | enkelturbo, tweelingveeg |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW N52, BMW N53 |
Opvolger | BMW B48 |
Die BMW N20 is 'n viersilinderpetrolenjin met 'n turboaanjaer wat die N53 vervang het en is vanaf 2011-2017 vervaardig. Alhoewel die N20 'n viersilinder is, word dit beskou as 'n plaasvervanger vir die natuurlike lugvloei-sessilinder N52, want dit dryf ekwivalente modelle aan, wat soortgelyke perdekrag lewer as die N52 met 'n groter wringkrag by lae toere en beter doeltreffendheid.[1]
Die N20 beskik oor 'n dubbelveeg-turboaanjaer, dubbel-VANOS (veranderlike kleptydreëling), Valvetronic (veranderlike kleplig), direkte inspuiting, outomatiese stop-aansit [2] en 'n elektriese waterpomp. Die N20 word saam met die kleiner verplasing BMW N13 turbo-aangejaagde viersilinder-enjin bemark. Die N20 is in 2012 in Wards se top 10-enjins geplaas. [3]
In 2014 is die N20 vervang deur sy opvolger, die BMW B48-enjin.