BMW N54

   BMW N54-enjin
Oorsig
Vervaardiger BMW
Produksietyd 2006–2016
Konfigurasie Inlynsessilinder
Afmetings
Inhoudsmaat 3.0 L
Blok Aluminium
Kopstuk Aluminium
Stelsels
Klepwerking DBNA, met VVT
Brandstoftipe Petrol
Turboaanjaer Tweelingturbo
Plek in geskiedenis
Voorganger Geen
Opvolger BMW N55

Die BMW N54 is 'n inlynsessilinder-petrolenjin wat van 2006 tot 2016 vervaardig is.[1] Dit is BMW se eerste massaproduksie-turbopetrolenjin en BMW se eerste turbo-aangejaagde petrolenjin sedert die beperkte produksie BMW M106 in 1986 gestaak is. Die N54 is tydens die 2006 Geneefse motorskou bekendgestel in die 335i-model van die E90/E91/E92/E93 3-reeks.

Na die bekendstelling van die BMW N55-opvolger in 2009, is begin om die N54 uit te faseer. Die laaste model wat deur die N54 aangedryf word, was die E89 Z4 roadster, wat tot 2016 vervaardig is.

Die N54 het vyf keer die toekenning as die "Internasionale Enjin van die Jaar" gewen [2] en ook drie agtereenvolgende "Ward's 10 Best Engines"-toekennings. [3]

  1. "Direct Injection, Turbo Pay Off For BMW". www.wardsautoworld.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2011. Besoek op 20 November 2010.
  2. "BMW takes home 4 awards from International Engine of the Year competition - N54 and S65 continue dominance". bimmerboost.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2013. Besoek op 5 Januarie 2021.
  3. "BMW's Newest I-6 Better, Not Bigger". wardsauto.com.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne