BMW X1

Die BMW X1 is 'n kompakte oorkruiser wat sedert 2009 wêreldwyd vervaardig en bemark word deur BMW in agterwieldryf (sDrive) en vierwieldryf (xDrive) konfigurasies — nou in sy tweede generasie.

In Noord-Amerika is die X1 BMW se kleinste SUV aangebied, en het 'n lae beginprys van $34,800.[1] Die X1 is ook BMW se eerste SUV wat agterwieldryf as 'n opsie bied (slegs op die sDrive28i model). Die sDrive28i en xDrive28i modelle bied 'n 2.0 L, 241 perdekrag turbo-aangejaagde inlynviersilinderenjin, en die xDrive35i model 'n 3.0 L, 300 perdekrag enkelturbo-aangejaagde inlynsessilinderenjin. Vier verskillende lyne is beskikbaar: die ES/SE Lyn, die Sportlyn, die Luukselyn, en die xLine. Die lyne bied unieke afwerkingsverskille om elk van die ander te onderskei. 'n Agtspoed sport-outomatiese ratkas is beskikbaar op die Noord-Amerikaanse modelle. Die binneruim is soortgelyk aan dié van die huidige BMW 1-Reeks Coupe, ook aangebied in Noord-Amerika. Ontwikkeling het in 2004 begin, met ontwerpwerk sedert 2005. Die finale ontwerpwerk is gedoen deur Richard Kim gedurende 2006 en gevries vir produksie in die middel-2007.

Dieselenjins[2][3]
Model Jaar Tipe/kode Krag/wringkrag@rpm
sDrive16d 2015- 1,496 cc (91.3cu in) I3 turbo (B37C15U0?) 116 PS (85 kW; 114 bhp)@4000, 270 N·m (199 ft·lb)@1750
sDrive18d 2015- 1,996 cc (121.8 cu in) I4 turbo (B47C20U0) 150 PS (110 kW; 148 bhp)@4000, 330 N·m (243 ft·lb)@1750-2750
xDrive18d 2015- 1,996 cc (121.8 cu in) I4 turbo (B47C20U0) 150 PS (110 kW; 148 bhp)@4000, 330 N·m (243 ft·lb)@1750-2750
sDrive20d 2016- 1,995 cc (121.7 cu in) I4 turbo (B47C20O0) 190 PS (140 kW; 187 bhp)@4000, 400 N·m (295 ft·lb)@1750-2500
xDrive20d 2015- 1,995 cc (121.7 cu in) I4 turbo (B47C20O0) 190 PS (140 kW; 187 bhp)@4000, 400 N·m (295 ft·lb)@1750-2500
xDrive25d 2015- 1,995 cc (121.7 cu in) I4 turbo (B47C20T0) 231 PS (170 kW; 228 bhp)@4400, 450 N·m (332 ft·lb)@1500-3000
  1. "BMW X1 MSRP". NADAguides.com.
  2. "BMW F48 X1 – Technical specifications, size dimensions, fuel economy". ultimatespecs.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
  3. Specifications BMW X1 sDrive 20d, valid from 07/2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne