BMW B38

   BMW B38-enjin
Oorsig
Vervaardiger BMW
Produksietyd 2013–tans
Konfigurasie inlyndriesilinder
Afmetings
Inhoudsmaat 1.2-1.5 L
Drukverhouding 11:1
Stelsels
Klepwerking DOHC
Brandstoftipe Petrol
Turboaanjaer Enkelveegturbo
Brandstofstelsel Direkte inspuiting
Plek in geskiedenis
Voorganger BMW N13

Die BMW B38 is 'n turboaangejaagde inlyndriesilinder-petrolenjin, wat die inlynviersilinder BMW N13 vervang het en is sedert 2013 in produksie. Dit maak deel uit van 'n modulêre BMW-enjinfamilie met inlyndriesilinder (B38), inlynviersilinder (B48) en inlynsessilinder (B58)-petrolenjins,[1] almal met 'n verplasing van 500 cc per silinder.

Die B38 word gebruik in voorwielaangedrewe motors (soos die Mini Hatch en BMW 2-reeks Active Tourer), sowel as BMW se tradisionele agterwielaandrywing- en vierwielaandrywingskonfigurasies (xDrive). Die eerste motor om die B38 te gebruik is die BMW i8 hibriedsportkoepee,[2] waar dit gebruik word as 'n dwarsgemonteerde enjin. [3]

  1. "BMW modular engines: B37, B38, B47 and B48". www.bmwblog.com. Besoek op 10 Mei 2017.
  2. "BMW Dreizylinder-Motoren: Mehr Details im Interview mit Dr. Lopez". www.bimmertoday.de (in Duits). Besoek op 28 Mei 2017.
  3. "Product information: I12 Powertrain". www.bimmerpost.com. Besoek op 28 Mei 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne