![]() | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | BMW |
Produksietyd | 2015–tans |
Konfigurasie | Inlynsessilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 3,0 L (2 998 cc) |
Boorwydte | 82 mm |
Slaglengte | 94,6 mm |
Drukverhouding | 11.0:1 |
Massa | 139 kg |
Blok | Aluminium |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | DOHC 4 kleppe per silinder met Valvetronic en dubbele VANOS |
Brandstoftipe | Petrol |
Superaanjaer | 48V elektriese stelsels (Aansitter/Generator) |
Turboaanjaer | Enkele tweelingveeg |
Brandstofstelsel | Direkte inspuiting |
Smeerstelsel | Nat oliebak met waterhitteuitruiler |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Bestuurstelsel | Bosch Di-Motronic |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 240-375 kW |
Wringkrag | 450-600 Nm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW N55 |
Die BMW B58 is 'n turboaangejaagde inlynsessilinder wat sedert 2015 vervaardig word.[1] Die B58 het die N55 vervang en is in die F30 340i bekendgestel.[2]
Die B58 maak deel uit van BMW se nuwe modulêre enjinfamilie, waar al die enjins 'n verplasing van 500 cc per silinder het, in opvolging van die B38- en B48-enjin.[3]
Die B58-enjin is in 2016 aangewys as een van "Ward's 10 Best Engines" (geïnstalleer in die 340i),[4] en weer in 2017 (M240i),[5] 2019 (X5)[6] en 2020 (M340i).[7]
Die S58-enjin, wat vroeg in 2019 vrygestel is, is die hoëprestasie-weergawe van die B58.[8][9]