![]() | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | BMW |
Produksietyd | 2004–2015 |
Konfigurasie | inlynsessilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 2.5–3.0 L |
Blok | Magnesium-Aluminium |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | DOHC, met VVT & VVL |
Brandstoftipe | Petrol |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW M54 |
Opvolger | BMW N53 |
Die BMW N52 is 'n natuurlike lugvloei-inlynsessilinder-petrolenjin wat van 2004-2015 deur BMW vervaardig is. Die N52 vervang die BMW M54 en debuteer op die E90 3-reeks en E63 6-reeks.
Die N52 was die eerste waterverkoelde enjin wat 'n samestelling van magnesium en aluminium vir die vervaardiging van die enjinblok gebruik het.[1] Dit is in 2006 en 2007 as een van Ward se 10 beste enjins aangewys.[2][3][4]
Vanaf 2011 is begin om die N52 te vervang met die BMW N20 turbo-aangejaagde viersilinderenjin totdat produksie van die N52 in 2015 gestaak is.[5]
Enjin | Verplasing | Krag | Wringkrag | Jare |
---|---|---|---|---|
N52B25 | 2497 cc | 130 kW teen 5 800 opm | 230 Nm teen 3 500-5 000 opm | 2005-2008 |
150 kW teen 6 400 opm | 250 Nm teen 2 750 opm | 2007-2011 | ||
160 kW teen 6 500 opm | 250 Nm teen 2 750–4 250 opm | 2005-2011 | ||
N52B30 | 2996 cc | 160 kW teen 6 100 opm | 270 Nm teen 2 500–4 250 opm | 2006-2010 |
280 Nm teen 2 500–3 500 opm | 2010-2011 | |||
170 kW teen 6 500 opm | 270 Nm teen 2 750 opm | 2007-2013 | ||
180 kW teen 6 500 opm | 310 Nm teen 2 750 opm | 2008-2011 | ||
190 kW teen 6 600 opm | 300 Nm teen 2 500–4 000 opm | 2010-2011 | ||
190 kW teen 6 600 opm | 310 Nm teen 2 600 opm | 2009-2015 | ||
195 kW teen 6 600 opm | 315 Nm 2 750-4 250 opm | 2005-2009 | ||
200 kW teen 6 650 opm | 315 Nm 2 750 opm | 2006-2010 |