BSV Kickers Emden

BSV Kickers Emden

Volledige naam Barenburger Sportverein Kickers
Emden e.V.
Stigtingsdatum 24 Maart 1946
Tuisveld Embdena-stadion,
Emden
Kapasiteit 7 200
Kompetisie Regionalliga Noord

BSV Kickers Emden is 'n Duitse sokkerklub uit die hawestad Emden in die deelstaat Neder-Sakse. Die klub is in 1946 deur sokkerspelers opgerig as plaasvervanger vir klubs wat aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog deur die Geallieerdes opgehef is. Van hierdie klubs was die mees prominente die sokkerafdeling van die gimnastiekklub Emder Turnverein wat in 1861 gestig is.

Die klub word beskou as die vlagskip-sokkerspan van Oos-Friesland.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne