Bahrein Internasionale Renbaan

Bahrein Internasionale Renbaan
Ligging Sakhir, Bahrein
Tydsone UTC+03:00
Koördinate 26'1"57 N 50'30"38 O
Kapasiteit 70 000
FIA Gradering 1
1e Sooispit Desember 2002
Geopen 17 Maart 2004
Boukoste 56,2 miljoen Dinars (VS$ 150 miljoen)
Argitek Hermann Tilke
Groot byeenkomste Formule Een
Bahreinse Grand Prix
6-uur uithouren van Bahrein
Desert 400
FIA GT kampioenskap
Grand Prixrenbaan
Lengte 5,412 km (3,363 mi)
Draaie 15
Rondterekord 1:31.447 (Pedro de la Rosa, McLaren, 2005)
Uithoubaan
Lengte 6.299 km

Die Bahrein Internasionale Renbaan (Arabies: حلبة البحرين الدولية) is 'n motorsportplek wat in 2004 geopen is en waar die jaarlikse Bahreinse Grand Prix plaasvind.

Die 2004 Bahreinse Grand Prix was die eerste Formule Eenren wat in die Midde-Ooste plaasgevind het. Sedert 2006 het Australiese V8 Supermotors elke jaar hier gejaag, in 'n byeenkoms wat as die "Desert 400" bekend gestaan het. Die V8 Supermotors het egter nie vir die 2011 seisoen teruggekeer nie. 24-uur uithourenne en versnelrenne vind ook hier plaas.[1] Die baan beskik oor 'n FIA Graad 1-lisensie.[2]

  1. "24 hour Race of Bahrain 15–16 December 2006". bahraingp.com.bh. n.d. Besoek op 11 September 2009.[dooie skakel]
  2. "List of FIA licensed circuits" (PDF). FIA. 6 Februarie 2015. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2020. Besoek op 28 Mei 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne