Bakkiesblom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. uniflora
|
Binomiale naam | |
Disa uniflora P.J.Bergius, (1767)
| |
Sinonieme | |
|
Die bakkiesblom (Disa uniflora) is 'n plant en geofiet wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys.[1] Dit staan ook bekend as die rooidisa.
Hierdie orgidee is gewild by kwekers. In die wildernis word hulle op die oewers van stroompies, by watervalle of op nat hange van die Tafelberg en ander berge van die Wes-Kaap aangetref. Kwekers moet daarom sorg dat die plant voortdurend oor skoon water beskik. Temperature moet binne 10 - 26 °C bly.[2] Die vlinder Aeropetes tulbaghia is die enigste insek wat dit bestuif. Die plant is wetlik beskerm[3] en dit is een van die amptelike simbole van die provinsie Wes-Kaap.[4]