Bakong

Bakong
Koördinate 13°20′9.4″N 103°58′26.2″O / 13.335944°N 103.973944°O / 13.335944; 103.973944
Plaaslike naam  ប្រាសាទបាគង
Land Vlag van Kambodja Kambodja
Soort Tempel
Streek Siem Reap
Geskiedenis
Bouer Indravarman I
Gestig 881 (voltooi)
Tydperk Middeleeue
Kulture Khmer-ryk

Bakong (Khmer: ប្រាសាទបាគង) is die eerste tempelberg van sandsteen wat die heersers van die Khmer-ryk in Angkor, Kambodja, laat bou het. In die laaste dekades van die 9de eeu was dit die amptelike staatstempel van koning Indravarman I in die antieke stad Hariharalaya, naby die hedendaagse Roluos.

Die struktuur van Bakong is in die vorm van ’n trappiramide, wat in die vroeë Khmer-argitektuur as ’n tempelberg bekend is. Die treffende ooreenkoms in die argitektoniese detail van Bakong en die Borobudur-tempel in Java dui daarop dat Borobudur as prototipe vir Bakong gedien het. Daar moes ’n uitruiling van reisigers, of selfs sendings, tussen die Khmer-ryk en Java plaasgevind het, en so het nie net idees nie, maar ook tegniese en argitektoniese kennis Kambodja bereik.[1]

  1. David G. Marr; Anthony Crothers Milner (1986). Southeast Asia in the 9th to 14th Centuries. Institute of Southeast Asian Studies, Singapore. p. 244. ISBN 9971-988-39-9. Besoek op 5 Junie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne