San Carlos de Bariloche Bariloche | |
---|---|
Alpynse landskap en argitektuur in Bariloche | |
Koördinate: 41°09′0″S 71°18′0″W / 41.15000°S 71.30000°W | |
Land | Argentinië |
Provinsie | Río Negro |
Stigting | 3 Mei 1902 |
Regering | |
• Burgemeester | Omar Goye |
Hoogte | 893 m (2 930 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 108 250 |
Tydsone | UTC-3 (ART) |
Poskode | 8400 |
Skakelkodes | 0294 |
Webwerf | bariloche.gov.ar |
Bariloche (amptelik: San Carlos de Bariloche) is 'n gewilde vakansieoord met 108 000 inwoners in die provinsie Río Negro (Argentinië), in die hart van die Nasionale Nahuel Huapi-park en aan die oewer van die Nahuel Huapi-meer.
Die stad het 'n sterk Sentraal-Europese voorkoms, aangesien die voorvaders van baie inwoners van Duitsland, Switserland en Noord-Italië afkomstig is. Sowel die stedelike argitektuur met sy Switserse chalets asook die ekonomie, wat sterk op die toerisme, sjokolade- en keramieknywerheid steun, getuig van hierdie invloed. Die sjokoladebedryf is nog steeds in die hande van 'n aantal Italiaanse families; hul ondernemings in die binnestad van Bariloche staan oop vir besoekers.