Barnard se Ster

Barnard se Ster
Die ligging van Barnard se Ster.
Die ligging van Barnard se Ster.
Sterrebeeld Slangdraer
Spektraaltipe M4Ve[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 57m 48,49803s[1]
Deklinasie +04° 41′ 36,2072″[1]
Skynmagnitude (m) 9,54 [1]
B-V-kleurindeks  1,713[2]
U-B-kleurindeks  1,257[2]
Besonderhede
Massa (M) 0,144 [3]
Radius (R) 0,196
Ligsterkte (L) 0,0004
Ouderdom (jaar) 10 miljard
Temperatuur (K) 3 134
Afstand (ligjaar) 5,98
Eienskappe
Planete 1
Ander name
Barnard se Drosterster, Windhond van die Lug, BD+04°3561a, GCTP 4098.00, Gl 140-024, Gliese 699, HIP 87937, LFT 1385, LHS 57, LTT 15309, Munich 15040, Proxima Ophiuchi, V2500 Ophiuchi, Vyssotsky 799, Velox Barnardi (Latyn)
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Barnard se Ster, ook soms bekend as Barnard se Drosterster,[4] is ’n rooi dwergster met ’n lae massa sowat ses ligjare van die Aarde in die sterrebeeld Slangdraer. Dit is die vierde naaste ster aan die son ná die drie sterre van die Alpha Centauri-stelsel, en dus die naaste enkelster. Ondanks sy nabyheid is Barnard se Ster nie met die blote oog sigbaar nie, aangesien dit ’n skynbare helderheid van meer as 9 het. Dit is genoem na die Amerikaanse sterrekundige E.E. Barnard. Hy was nie die eerste persoon wat dit gesien het nie, maar hy het in 1916 die ster se eiebeweging gemeet as 10,3 boogsekondes per jaar – dit is die grootste bekende eiebeweging van enige ster relatief tot die Son.[5]

Barnard se Ster is al deeglik bestudeer – seker die meeste van alle M-dwergsterre vanweë sy nabyheid en gunstige posisie naby die hemelewenaar. Histories is navorsing gefokus op die ster se eienskappe, sy astrometrie en die moontlikheid van planete.

Die ster was ook al in omstredenheid gehul. ’n Dekade lank, van die vroeë 1960's tot die vroeë 1970's, het Peter van de Kamp beweer die ster het ’n gasreus wat om hom wentel. Dit is verkeerd bewys, maar in November 2018 is 'n planeet van sowat 3,2 aardes "met 'n sekerheid van 99%" om die ster ontdek ná 20 jaar van navorsing.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "SIMBAD Query Result: V* V2500 Oph -- Variable of BY Dra type". SIMBAD (in Engels). Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2016. Besoek op 16 Oktober 2007.
  2. 2,0 2,1 Koen, C.; Kilkenny, D.; Van Wyk, F.; Marang, F. (2010). "UBV(RI)C JHK observations of Hipparcos-selected nearby stars". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 403 (4): 1949. Bibcode:2010MNRAS.403.1949K. doi:10.1111/j.1365-2966.2009.16182.x.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named al36_3_220
  4. "Parallax of Barnard's "Runaway" Star". Nature. 99 (2484): 293–293. 1917. Bibcode:1917Natur..99..293.. doi:10.1038/099293a0. {{cite journal}}: Onbekende parameter |month= geïgnoreer (hulp)
  5. Barnard, E. E. (1916). "A small star with large proper motion". Astronomical Journal. 29 (695): 181. Bibcode:1916AJ.....29..181B. doi:10.1086/104156.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne