Bart de Graaff (skrywer)

Bart Johannes Henri de Graaff
Gebore9 Julie 1959
Middelburg, Zeeland
Sterf30 Maart 2024
Pretoria, Suid-Afrika
NasionaliteitVlag van Nederland Nederland
BeroepGeskiedkundige, joernalis

Bart Johannes Henri de Graaff (Middelburg, 9 Julie 1959 - Pretoria, 30 Maart 2024)[1][2] is 'n Nederlandse skrywer, historikus en joernalis[3] wat 'n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het.

Hy promoveer met De mythe van de stamverwantschap: Nederland en de Afrikaners – 1902–1930, wat in 1993 gepubliseer is. Hierin fokus hy onder meer op Kruger se Hollanders, ook waarom die belangstelling in die Afrikaner na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog afgekoel het, maar die band tog nooit verbreek het nie. Ter aanvulling hiervan kom die opvolgartikel, Onbeantwoorde liefde: Nederlandse betweters en Afrikaner Boeren wat die apartheidsjare bespreek. Sy slotparagraaf:

Tot slot: het Zuid-Afrika van na 1994 is een land waarin Afrikaners slechts een van de vele etnische minderheden vormen. En een land waarin hun cultuur haar onder apartheid bevoorrechte positie is kwijtgeraakt. Wellicht leidt deze situatie ertoe dat Afrikaners het belang van meer contact en samenwerking met de Nederlandse taal en cultuur in gaan zien. Maar mocht dit al zo zijn, dan wacht hen een moeilijke taak. Na honderd jaar onbeantwoorde Boerenliefde (1881-1981), is in Nederland een generatie groot geworden die, uitzonderingen daargelaten, weinig tot geen weet heeft van de historische en culturele banden met Zuid-Afrika. Volgens historicus en voormalig NZAV-voorzitter Gerrit Schutte is het land voor moderne Nederlanders dan ook ‘simply a little piece of Africa’ geworden.

In 2015 en 2016 bring hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibië ten einde navorsing te doen vir sy boek "Ware Mense" wat uitgegee word deur Protea Boekhuis en vertaal is deur dr. Daniël Hugo.[4][5] Die boek is oorspronklik in Nederlands geskryf met die titel Ik, Yzerbek en in 2016 uitgegee deur Scriptum Uitgewers. Sy boek Barend Barends - Die vergete kaptein van Daniëlskuil is ook deur Daniël Hugo in Afrikaans vertaal.

Hy is onverwags in 2024 oorlede tydens 'n besoek aan Suid-Afrika.[1]

  1. 1,0 1,1 Schutte, Dr G. J. (9 April 2024). "In Memoriam Bart de Graaff". Het Zuid-Afrikahuis (in Nederlands). Besoek op 1 Desember 2024.
  2. "Overlijdensbericht". mensenlinq.nl. Besoek op 1 Desember 2024.
  3. https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/1533/2820. Besoek op 29 April 2019
  4. https://www.graffitiboeke.co.za/af/34964/boeke. Besoek op 29 April 2019
  5. https://www.litnet.co.za/ware-mense-deur-bart-de-graaff-resensie/

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne