Baskiese Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Baskies |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Opgerig | 6 Desember 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | eu.wikipedia.org |
Die Baskiese Wikipedia (Euskarazko Wikipedia[1]) is die Baskiese uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie. Die wikipedia is op 6 Desember 2001 begin,[2] alhoewel hulle tuisblad eers in November 2003 geskep is. Dit het tans ongeveer 453 900 artikels, en is die 33ste grootste Wikipedia.