Bastille | |
---|---|
![]() | |
Genres | Indie rock, Pop rock, Synthpop |
Jare aktief | 2010 — hede |
Etikette | Virgin, Virgin EMI, Capitol Music, Universal Music Group |
Assosiasies | Dan Smith, To Kill A King, TYDE, Annie Oakley Hanging |
Webwerf | http://www.bastillebastille.com |
Bastille, gestileer BΔSTILLE, is 'n Britse indie-rockgroep wat in 2010 in Londen gevorm is. Die groep het begin as 'n solo-projek deur Dan Smith, die groep se hoofsanger en skrywer. Smith het later besluit om die solo-projek in 'n groep te transformeer. Bastille bestaan uit vier lede: Dan Smith, Kyle Simmons, Will Farquarson en Chris Wood. Die groep se naam het ontstaan van die Franse Nasionale Dag, Bastilledag, 'n gebeurtenis wat op hoofsanger Dan Smith se verjaardag, 14 Julie, plaasvind.
In Desember 2010 het EMI aangekondig dat hulle die groep 'n platekontrak aangebied het deur Virgin Records.[1] Hul debuut enkelsnit, "Overjoyed" was sodoende in April 2012 bekendgestel. Die groep se eerste studio album, getitel Bad Blood, was in Maart van 2013 bekendgestel. Hierdie album het sy debuut gemaak op die "UK Albums Chart" in eerste posisie.[2] Hulle was genomineer vir vier Brit Awards tydens die 2014 seremonie. Die vier nominasies was vir "British Breakthrough Act", "British Group", "British Single of the Year" en "British Album of the Year". Hulle het die Brit Award gewen vir "British Breakthrough Act".[3]
Die groep het tot hede oor die 2.07 miljoen plate verkoop in die Verenigde Koninkryk.[4]