Battenberg-familie

Battenberg
Die Battenberg-wapen
Die Battenberg-wapen
Die wapen van Alexander van Battenberg, wat van 1879 tot 1886 oor die Prinsdom Bulgarye regeer het
Die wapen van Alexander van Battenberg, wat van 1879 tot 1886 oor die Prinsdom Bulgarye regeer het
Afstamming Hesse-Darmstadt-tak
van die Huis van Hesse
Oorsprong Groothertogdom van Hesse
Kadettak Mountbatten-familie

Die Battenberg-familie was voorheen ’n morganatiese tak van die Huis van Hesse-Darmstadt, heersers oor die Groothertogdom Hesse in Duitsland. Die eerste lid was Julia Hauke, wie se swaer, groothertog Louis III van Hesse, haar in 1851 tydens haar morganatiese huwelik met sy broer, prins Alexander van Hesse en by Ryn, die Grafin van Battenberg gemaak het, met die aanspreekvorm "Verhewe Hoogheid" (Duits: Erlaucht). Die naam Battenberg verwys na die dorp Battenberg in Hesse. In 1858 het prins Alexander haar titel verhoog tot Prinses van Battenberg, met die aanspreekvorm "Deurlugtige Hoogheid" (Durchlaucht).

Die van Battenberg is laas gebruik deur prins Francis Joseph van Battenberg, die jongste seun van die Prinses van Battenberg, wat in 1924 sonder kinders dood is. In 1917 het die meeste lede van die familie in die Britse Ryk gewoon en afstand van hulle Hesse-titels gedoen vanweë die toenemende anti-Duitse sentiment in Brittanje tydens die Eerste Wêreldoorlog. Hulle het hulle van na Mountbatten, die Engelse vorm van Battenberg, verander. Juan, Graaf van Barcelona, ’n seun van Victoria Eugénie van Battenberg, die koningin van Spanje, het egter tot met sy dood in 1993 die van Borbón y Battenberg gebruik.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne