Beleg van Leningrad Russies: блокада Ленинграда Transkripsie: Blokada Leningrada | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Oosfront van die Tweede Wêreldoorlog | |||||||
Frontlinie om Leningrad tussen Mei 1942 en Januarie 1943 | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Nazi-Duitsland Finland Italië |
Sowjetunie | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
W.R. von Leeb Georg von Küchler C.G.E. Mannerheim |
Georgi Zjoekof Kliment Worosjilof Leonid Goworof | ||||||
Ongevalle | |||||||
Duitse, Italiaanse en Finse magte Onbekend maar waarskynlik meer as 100 000 man. |
Rooi Leër: 1 017 881 gesneuweldes, gevangenes of verlorenes 2 418 185 gewondes en siekes Burgerlikes: |
Die term Beleg van Leningrad (Russies блокада Ленинграда) verwys na die beleg van die tweede grootste stad van die Sowjetunie, die huidige Sint Petersburg, deur die Duitse weermag en Finse troepe gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die beleg het op 8 September 1941 begin, toe 2,5 miljoen inwoners (onder wie 400 000 kinders) sonder kos- en brandstofvoorrade in die stad vasgevang was, en het voortgeduur tot 27 Januarie 1944.
Volgens beramings het meer as 1,1 miljoen Leningraders van honger en koue gesterf.
Die beleg was nie daarop gemik om die stad in te neem nie, maar om sy bevolking stelselmatig van honger te laat sterf. Dit word by die afskuwelikste oorlogsmisdade gereken wat deur die Duitse weermag tydens die oorlog teen die Sowjetunie gepleeg is.