Ben Affleck | |
Ben Affleck by die 2008 World Series of Poker.
| |
Geboortenaam | Benjamin Géza Affleck-Boldt |
---|---|
Geboorte | 15 Augustus 1972 Berkeley, CA (VSA) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, regisseur, draaiboekskrywer |
Rolprente | Armageddon, Pearl Harbor, Daredevil |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Ben Affleck (* Benjamin Géza Affleck-Boldt[1] op 15 Augustus 1972) is 'n Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en draaiboekskrywer. Hy het in die 1990's bekend geword met sy betrokkenheid by die rolprent Mallrats (1995) en het later die titelrol in Chasing Amy (1997) vertolk. Affleck het sedertdien 'n Academy-toekenning ontvang vir sy draaiboek van Good Will Hunting (1997). Hy het hom as 'n voorste Hollywood-persoonlikheid gevestig vanweë sy verskyning in rolprente met hoë begrotings soos Armageddon (1998), Pearl Harbor (2001), Changing Lanes (2002), The Sum of All Fears (2002), en Daredevil (2003).
Ná 'n hoë-profiel-verhouding met die aktrise Gwyneth Paltrow in 1998, het sy verhouding met die aktrise-sangeres Jennifer Lopez wêreldwye aandag getrek waartydens die paartjie deur die media “Bennifer” gedoop is. Hulle het in 2004 hul verhouding beëindig en hy het met Jennifer Garner begin uitgaan. Die twee is in Junie 2005 getroud en het twee dogters, Violet (* Desember 2005) en Seraphina (* Januarie 2009). Affleck bly betrokke by die politiek en hou hom ook besig met 'n nie-winsgewende organisasie genaamd A-T Children's Project. Hy het saam met sy jeugvriend Matt Damon die vervaardigingsmaatskappy LivePlanet gestig.