Benjamin Berell Ferencz (11 Maart 1920 – 7 April 2023) was 'n Amerikaanse prokureur. Hy was 'n ondersoeker van Nazi-oorlogsmisdade na die Tweede Wêreldoorlog en die hoofaanklaer[1] vir die Amerikaanse weermag by die Einsatzgruppen-verhoor, een van die 12 daaropvolgende Neurenberg-verhore wat deur Amerikaanse owerhede in Neurenberg, Duitsland, gehou is.
Later het hy 'n voorstander van die bevordering van die internasionale reg en vir die instelling van 'n Internasionale Strafhof geword. Van 1985 tot 1996 was hy 'n adjunkprofessor in internasionale reg aan die Pace Universiteit.