Benetton | |
Tipe | Privaatmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1965 |
Hoofkantoor | Ponzano Veneto, Italië |
Sleutelpersone | Luciano Benetton (stigter en uitvoerende voorsitter) Francesco Gori (Nie-uitvoerende voorsitter van die raad van direkteure) Marco Airoldi (uitvoerende hoof & besturende direkteur) Marco Airoldi (direkteur) Tommaso Barracco (direkteur) Alessandro Benetton (direkteur) Christian Benetton (direkteur) Franca Bertagnin Benetton (direkteur) Sabrina Benetton (direkteur) Fabio Buttignon (direkteur) Christian Coco (direkteur) Francesco Gori (direkteur) Alfredo Malguzzi (direkteur) Francesco Panfilo (direkteur) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Mode |
Produkte | Klere, skoene, sakke, bykomstighede |
Inkomste | €1 529 miljoen (2015) |
Werknemers | 7 500 (2016) |
Moedermaatskappy | Edizione srl, Treviso |
Dogter- maatskappye | Undercolors of Benetton • Sisley |
Webwerf | benettongroup.com |
Die Benetton Groep is ’n Italiaanse mode-etiket wat in 1966 deur Luciano Benetton in Ponzano Veneto in die Noord-Italiaanse provinsie Treviso gestig is. Benetton vervaardig kleurvolle vryetydskleding, bybehore en sporttoebehore vir vroue, mans en kinders wat as massaprodukte teen bekostigbare pryse in die mode-etiket se eie winkels dwarsoor die wêreld en via ander kleinhandelkanale verkoop word.
Benetton het groot sukses behaal met ongewone en opspraakwekkende advertensieveldtogte wat tussen 1982 en 2000 deur die Milaanse fotograaf en artistieke direkteur Oliviero Toscani ontwerp is en waarin nie tekstiele sentraal staan nie, maar politieke en sosiale brandpunte in skokkende foto's getematiseer word, met die teks "United Colors of Benetton" daaronder.[1]
Vir 'n goeie saak het ook Luciano Benetton nie geskroom om self betrokke te raak by ongewone aksies in winkels nie. So het hy kondome aan klante geskenk of hom naak getoon om met die slagspreuk "Gee my my klere terug!" klere vir behoeftiges in te samel.[2]
'n Tweede handelsmerk van die groep is Sisley wat oorspronklik in 1968 in Parys as vervaardiger van katoenmode gevestig is. In 1974 is dit deur die Benetton Groep oorgeneem.[3] Sisley-mode en -bybehore word onder meer in die etiket se eie winkels verkoop.