Benetton Rugby Treviso

Benetton Rugby Treviso
Unie Italiaanse Rugbyfederasie
Stadion Stadio Comunale di Monigo, Treviso
Kapasiteit 6 700
Afrigter(s) Vlag van Nieu-Seeland Kieran Cowley
Kaptein(s) Dean Budd
Liga(s) Pro14
2017-’18 8ste
Spankleure


Alt. kleure
Amptelike webwerf
www.benettonrugby.it

Benetton Rugby Treviso is ’n Italiaanse rugbyspan wat in die Guiness Pro14 en Europese Rugbykampioenebeker meeding. Die klub is in 1932 gestig en het 15 Italiaanse nasionale kampioenskappe gewen. Sedert 1979 is die span in besit van die Benetton-kleremaatskappy. Treviso neem sedert 2010 aan die Pro14 deel en het voorheen in die Italiaanse plaaslike kompetisie deelgeneem.

Talle spelers van Treviso het ook al vir Italië uitgedraf, soos Tobie Botes, Benjamin de Jager, Sergio Parisse, Corniel van Zyl en Braam Steyn. Ander bekende wêreldbekerwenners soos Craig Green, John Kirwan en Michael Lynagh het ook vir Treviso uitgedraf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne