Bengaalse kat | ||||
![]() | ||||
Land | VSA | |||
Ontstaan | Hibride | |||
Pels | Kort | |||
Patroon | Kolle, marmerpatroon | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die Bengaalse kat (Engels: Bengal) is ’n relatief nuwe hibridiese katras wat ’n kruising is tussen ’n huiskat en ’n Asiatiese luiperdkat (Prionailurus bengalensis). Hulle het die kleurpatroon en lyf van ’n wilde kat,[1] maar die sagte geaardheid van ’n huiskat, mits hulle minstens drie geslagte verwyder is van die oorspronklike luiperdkat.
Die naam is afgelei van die wetenskaplike naam van die Asiatiese luiperdkat, P. bengalensis, en nie van die Bengaalse tier s’n nie.