Benny Gantz

Benny Gantz
בני גנץ
Benny Gantz

Vise-premier
Ampstermyn
13 Junie 2021 – 29 Desember 2022
Premier Naftali Bennett
Voorafgegaan deur Gideon Sa'ar
Opgevolg deur Yariv Levin

Minister van Justisie
Ampstermyn
28 April 2021 – 13 Junie 2021
Voorafgegaan deur Avi Nissenkorn

Minister van Verdediging
Ampstermyn
17 Mei 2020 – 29 Desember 2022
Voorafgegaan deur Naftali Bennett
Opgevolg deur Yoav Galant

Voorsitter van die Knesset
Ampstermyn
26 Maart 2020 – 17 Mei 2020
Voorafgegaan deur Yuli-Yoel Edelstein
Opgevolg deur Yariv Levin

Lid van die Knesset
Ampsbekleër
Termynaanvang
30 April 2019

Persoonlike besonderhede
Gebore Benjamin Gantz
9 Junie 1959 (1959-06-09) (65 jaar oud)
Kfar Ahim, Suidelike distrik, Israel
Politieke party Hosen L'Yisrael, Kahol Lavan
Kind(ers) 4
Lojaliteit Israeliese Weermag
Jare in diens 1977-2015
Rang Opperbevelvoerder

Benjamin (Benny) Gantz, Hebreeus: בנימין (בני) גנץ , (gebore 9 Junie 1959) is 'n Israelse politikus en voormalige generaal.

Gantz het geskiedenis aan die Tel Aviv-universiteit, politieke wetenskap aan die Universiteit van Haifa, as ook aan die Nasionale Verdediging Universiteit in die Verenigde State studeer.

Van 1977 tot 2015 het hy in die Israeliese weermag gedien, waarvan van 2011 tot 2015 as die opperbevelvoerder.

In Desember 2018 het hy 'n nuwe party opgerig: Hosen L'Yisrael (Veerkragtigheid Israel).

Hy het met die Yesh Atid-party van Yair Lapid en die nuwe Telem-party van Moshe Ya'alon in Februari 2019 die politieke alliansie Kahol Lavan (Blou en Wit) gesluit.

Gantz het baie kritiek gehad op die eertydse eerste minister Benjamin Netanyahu van die Likoed-party en wou weer onderhandel met die Palestyne oor 'n vredesooreenkoms.

In die verkiesings vir die 21ste Knesset op 9 April 2019 het Kahol Lavan 35 setels gehaal en het daardeur net so groot geword soos die Likoed-party.

Sedert 30 April 2019 is hy 'n lid van die Knesset en het in 2020 enkele maande as die Knesset se voorsitter gefungeer. Ook was hy die leier van die opposisie gewees.

Gantz was sedert Mei 2020 die minister van Verdediging in die Netanyahu-Gantz-kabinet, wat hy het voortsit in die Bennett-Lapid-kabinet. In hierdie kabinet was hy ook vise-premier. Gantz sou in die Netanyahu-Gantz-kabinet die eerste minister word in November 2021 maar die regering was sedert Desember 2020 demissionêr.

In die verkiesings vir die 24ste Knesset op 23 Maart 2021 en die 25ste Knesset op 1 November 2022 het Kahol Lavan, wat nog slegs uit die Hosen L'Yisrael-party bestaan, 8 setels behaal.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne