Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe Flughafen Berlin Brandenburg | |||
---|---|---|---|
IATA: BER – ICAO: EDDB | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Siviel | ||
Operateur | Flughafen Berlin Brandenburg GmbH | ||
Bedien | Berlyn, Duitsland | ||
Ligging | Schönefeld | ||
Geopen | 31 Oktober 2020[1][2] | ||
Spil vir | Berlyn | ||
Fokuspunt vir | easyJet Eurowings Ryanair | ||
Hoogte bo seevlak | 157 vt / 48 m | ||
Koördinate | 52°21′44″N 13°30′02″O / 52.36222°N 13.50056°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
07L/25R | 3 600 | 11 811 | Teer |
07R/25L | 4 000 | 13 123 | Beton |
Statistieke | |||
Passasiers (2021) | 9 934 121 |
Die Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe (IATA-kode: BER, ICAO EDDB) (Duits: Flughafen Berlin Brandenburg – Willy Brandt,[3] kort BER) is 'n nuwe internasionale lughawe net suid van die Duitse hoofstad Berlyn in Schönefeld (deelstaat Brandenburg, distrik Dahme-Spreewald) wat op 31 Oktober 2020 geopen is.
Die nuwe lughawe het met sy voltooiing die voormalige twee Berlynse lughawens Berlyn-Tegel (op 8 November 2020 gesluit)[4] en Berlyn-Tempelhof (op 30 Oktober 2008 gesluit)[5] vervang[6][7] en is feitlik 'n suidelike uitbreiding van die bestaande geriewe by Berlyn-Schönefeld, alhoewel net die huidige suidelike baan van Schönefeld by die nuwe projek ingesluit is. Die nuwe lughawe, wat deur die Flughafen Berlin Brandenburg GmbH (FBB) bedryf word, was een van die grootste infrastruktuurprojekte in Duitsland wat in die vroeë 21ste eeu aangepak is en die grootste lughawebouterrein in Europa.[8]
<ref>
tag; no text was provided for refs named finaldate