Bernardo Provenzano | ||
![]() | ||
Provenzano in 1959. | ||
Gebore | Corleone, Sisilië, Italië | 31 Januarie 1933 |
Oorlede | 13 Julie 2016 (op 83) Milaan, Italië | |
Rede vir dood | Blaaskanker | |
Land | ![]() | |
Bynaam | Binnu u Tratturi ("Bernie die Trekker") Zio Binnu ("Oom Bernie") Il Ragioniere ("Die Rekenmeester") | |
Beroep | Mafioso | |
Misdaadbesonderhede | ||
Misdaad | Mafiabande Verskeie moorde Ontsnapping | |
Beweging | Sisiliaanse Mafia | |
Voorganger | Salvatore Riina | |
Vonnisbesonderhede | ||
Vonnis | Lewenslange tronkstraf (verskeie lewenslange vonnisse vir verskeie moord) | |
Status | Oorlede |
Bernardo Provenzano (31 Januarie 1933 – 13 Julie 2016) was ’n lid van die Sisiliaanse Mafia en is daarvan verdink dat hy die baas was van die Corleonesi, ’n Mafiafaksie wat op die dorp Corleone ontstaan en ander families oorgeneem het, en dus die capo di tutti capi (baas van base) van die hele Sisiliaanse Mafia tot met sy inhegtenisneming in 2006.
Sy byname was Bernie die Trekker omdat hy, in die woorde van een informant, mense "in die grond in geploeg het";[1] oom Bernie; en Die Rekenmeester vanweë die stil en subtiele manier waarop hy sy misdaadryk beheer het, ten minste in vergelyking met van sy gewelddadige voorgangers.[1][2]