Bernau bei Berlin

Bernau bei Berlin

Ligging in Brandenburg Wapen
Historiese middestad
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Brandenburg
 Distrik Barnim (BAR)
 Koördinate 52°40′N 13°35′E / 52.667°N 13.583°O / 52.667; 13.583
 Stigting Vroeë 13de eeu
 Stadstatus Vroeë 13de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 104,16 vk km
 Hoogte bo seevlak 68 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2018) 38 825[1]
 - Bevolkingsdigtheid 372,7/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -°C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -°C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslag - mm
 Burgemeester André Stahl (Die Linke)
 Amptelike Webwerf bernau-bei-berlin.de

Bernau bei Berlin (volledige amptelike naam ter onderskeiding van gelyknamige nedersettings sedert 1999, algemeen kort Bernau) is 'n stad in die administratiewe distrik Barnim van die Duitse deelstaat Brandenburg, sowat tien kilometer noordoos van Berlyn, met 'n oppervlakte van 104,16 vierkante kilometer en 'n bevolking van 38 825 (soos op 31 Desember 2018). Die stad is sedert die vroeë 1920's in die openbare vervoerstelsel van Berlyn geïntegreer.

Bernau het reeds omstreeks 1300 stadstatus gekry en het in die Middeleeue vir sy lakens en bier bekend gestaan. In 1432 het die stad danksy sy stadsmuur en die heldemoed van sy bewoners die aanval van 'n Boheemse Hussiete-leër afgeweer – 'n gebeurtenis wat jaarliks met 'n groot Hussiete-fees en optog herdenk word.

  1. (de) www.statistik-berlin-brandenburg.de: Statistischer Bericht – Bevölkerung im Land Brandenburg nach amtsfreien Gemeinden, Ämtern und Gemeinden 31. Dezember 2018

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne