Bertolt Brecht | |
---|---|
Gebore | Eugen Berthold Friedrich Brecht 10 Februarie 1898 |
Sterf | 14 Augustus 1956 |
Nasionaliteit | Duits |
Beroep | Dramaturg en digter |
Bekend vir | Die Dreigroschenopfer (1928) Aufstieg und Fall der Stadt Mahagonny (1931) Mutter Courage und Ihre Kinder (1939) Leben des Galilei (1943) Der Gute Mensch von Sezuan (1943) |
Eggenoot | Marianne Zoff Helene Weigel |
Handtekening | |
Bertolt Brecht (10 Februarie 1898 — 14 Augustus 1956) was 'n Duitse dramaturg, digter en teaterregisseur. Hy was veral bekend vir Die Driestuiwer-opera, Die Kaukasiese krytsirkel en Moeder Courage. Sy toneelstukke ondersoek politieke idees en is wat vorm betref, soortgelyk aan antieke Griekse dramas.[1]
Brecht was baie invloedryk wat die ontwikkeling van lewende teater gedurende die 20ste eeu betref, veral in die manier waarop hy voortgebou het op die politieke en estetiese eksperimente van regisseurs soos Erwin Piscator, en in hoe hy Marxistiese ideologie deel gemaak het van die teorie en praksis van epiese teater. Brecht is bekend vir sy teoretisering van die Verfremdungseffekt, wat teen naturalisme in die teater werk en doelbewus 'n vervreemende afstand tussen die akteurs/handeling en gehoor van 'n toneelstuk nastreef.
Die Weimar-geinspireerde musikale verhoogstuk Die Dreigroschenoper (in Afrikaans Die Driestuiwer-opera, en in Engels geken as The Threepenny Opera), wat Brecht geskryf het in samewerking met die komponis Kurt Weill, is een van die mees suksesvolle teaterstukke van die afgelope eeu. Die bekende liedjie "Mackie Messer" ("Mack the Knife") wat daarin voorkom word algemeen deur jazz- en kabaretsangers opgeneem.
Brecht is in 1930 getroud met die aktrise Helene Weigel.