Betelgeuse

Betelgeuse
Betelgeuse word met ’n pienk pyl aangedui (soos gesien uit die Noordelike Halfrond; in die Suidelike Halfrond is die Jagter onderstebo in die lug).
Betelgeuse word met ’n pienk pyl aangedui (soos gesien uit die Noordelike Halfrond; in die Suidelike Halfrond is die Jagter onderstebo in die lug).
Sterrebeeld Jagter
Bayer-naam Alpha Orionis, α Ori
Spektraaltipe M1-M2 Ia-ab[1]
Soort Superreus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 55m 10.3053s
Deklinasie +07° 24′ 25.426″
Skynmagnitude (m) 0,5[2] 0-1,6[3]
U-B-kleurindeks  2,06[2]
Besonderhede
Massa (M) 14[4]-19[5]
Radius (R) ~640[6]-764+116−62[5]
Ligsterkte (L) ~65 000[6]-87 100[5]
Ouderdom (jaar) 8[7]-14 miljoen[4]
Temperatuur (K) 3 600[5]-3 800[4]
Afstand (ligjaar) 408-548
Eienskappe
Veranderlikheid Halfreëlmatige veranderlike
Ander name
58 Ori, HR 2061, BD+7° 1055, HD 39801, FK5 224, HIP 27989, SAO 113271, GC 7451, CCDM J05552+0724AP, AAVSO 0549+07
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Betelgeuse (ˈbiːtəldʒuːz), ook bekend onder sy Bayer-naam, Alpha Orionis of α Ori, is gewoonlik die 10de helderste ster in die naglug en naas Rigel die helderste in die sterrebeeld Jagter (Orion). Dié rooi ster is ’n halfreëlmatige veranderlike ster waarvan die skynbare magnitude wissel tussen 0 en 1,6, die grootste wisseling van enige ster van die 1ste magnitude.

Betelgeuse is die helderste ster in die naglug by naby-infrarooigolflengtes en het 'n radius van tussen 640 en 764 sonradiusse.[6] As dit in die middel van die Sonnestelsel geleë was, sou sy oppervlak tot anderkant die asteroïedgordel gestrek het en sou dit Mercurius, Venus, Aarde en Mars verswelg het.

Betelgeuse se posisie (links bo, in die Noordelike Halfrond) in vergelyking met dié van die digte newels van die Orion-molekulêrewolkkompleks en die Jagter se Gordel (foto: Rogelio Bernal Andreo).

Berekenings van Betelgeuse se massa wissel van net onder 10 tot 'n bietjie meer as 20 sonmassas. Sy absolute magnitude is sowat -6. Die ster is minder as 10 miljoen jaar oud en het vinnig ontwikkel vanweë sy groot massa. Sy evolusie sal na verwagting in 'n supernova eindig, waarskynlik binne 100 000 jaar. Wanneer Betelgeuse ontplof, sal dit langer as drie maande so helder soos die halfmaan skyn, maar die lewe op Aarde sal nie geraak word nie.

Die dwaalster is gewerp uit sy ontstaanplek in die Orion OB1-assosiasie, wat die sterre in die Jagter se Gordel insluit, en beweeg teen tot 30 km/s deur die interstellêre medium. Dit skep 'n boegskok van meer as vier ligjare breed. Dit word ook omring deur 'n ingewikkelde, asimmetriese omhulsel van rofweg 250 keer die grootte van die ster, wat veroorsaak word deur massaverlies van die ster self. Betelgeuse is een van die hoekpunte van die Suidelike Halfrond se Somerdriehoek en is in die middel van ons Somerseshoek geleë.

Van Oktober 2019 af het Betelgeuse merkbaar begin verdof en teen middel Februarie 2020 het sy helderheid met 'n faktor van sowat 3 afgeneem, van magnitude 0,5 tot 1,7. Daarna het dit tot 'n meer normale helderheidsomvang teruggekeer en in April 2023 sy hoogste sigbare magnitude van 0 bereik. Infrarooiwaarnemings het geen aansienlike verandering in helderheid oor die afgelope 50 jaar bespeur nie, en daarom word geglo die verdowwing was te wyte aan 'n verandering in die verstrooiing van stof en gas om die ster, eerder as 'n fundamentele verandering. 'n Studie met die Hubble-ruimteteleskoop het aangedui verduisterende stof is geskep deur 'n oppervlakmassauitwerping miljoene kilometers van die ster af, en dit het die verdowwing veroorsaak.

  1. Keenan, Philip C.; McNeil, Raymond C. (1989). "The Perkins catalog of revised MK types for the cooler stars". Astrophysical Journal Supplement Series. 71: 245. Bibcode:1989ApJS...71..245K. doi:10.1086/191373. S2CID 123149047.
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NICOLET
  3. "Alpha Orionis". Variable Star Index. Besoek op 20 Februarie 2020.
  4. 4,0 4,1 4,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Neuhauser2022
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named joyce2020
  6. 6,0 6,1 6,2 Mittag, M.; Schröder, K.-P.; Perdelwitz, V.; Jack, D.; Schmitt, J.H.M.M. (1 Januarie 2023). "Chromospheric activity and photospheric variation of α Ori during the great dimming event in 2020". Astronomy and Astrophysics. 669: A9. arXiv:2211.04967. Bibcode:2023A&A...669A...9M. doi:10.1051/0004-6361/202244924. ISSN 0004-6361.
  7. Dolan, Michelle M.; Mathews, Grant J.; Lam, Doan Duc; Lan, Nguyen Quynh; Herczeg, Gregory J.; Dearborn, David S.P. (2017). "Evolutionary Tracks for Betelgeuse". The Astrophysical Journal. 819 (1): 7. arXiv:1406.3143v2. Bibcode:2016ApJ...819....7D. doi:10.3847/0004-637X/819/1/7. S2CID 37913442.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne