Bhopal-ramp

Gedenkteken wat vir die slagoffers opgerig is.
Fabriek wat die giftige gas gelek het.

Die Bhopal-ramp was 'n nywerheidsramp wat in die Indiese stad Bhopal in die Madhya Pradesh provinsie plaasgevind het. Die ramp het die lewens van meer as 3 000 mense onmiddellik geëis. Daar word beraam dat daar in totaal sowat 8 000 mense in die twee weke na afloop van die ramp gesterf het en dat daar moontlik 'n verdere 8 000 mense gesterf het vanweë asemhalingsiektes wat deur die ramp veroorsaak is.[1][2]

Die insident het in die vroeë oggendure van 3 Desember 1984 in die hart van die stad Bhopal in Indië plaasgevind. 'n Filiaalaanleg van Union Carbide wat insekdoder vervaardig het, het sowat 42 ton metielisosianaatgas vrygestel wat sowat 520 000 mense aan die giftige gas blootgestel het. Die Bhopal-ramp word dikwels aangehaal as die wêreld se ergste nywerheidsramp ooit.[1][2][3][4][5]

Die Indiese regering en Union Carbide se reaksie op die ramp is oraloor gekritiseer. Eers in 1993 is 'n organisasie gestig, naamlik die International Medical Commission on Bhopal om na mense wat gesondheidsprobleme ervaar het as gevolg van die ramp by te staan.

  1. 1,0 1,1 Eckerman (2001).
  2. 2,0 2,1 Eckerman (2004).
  3. Chouhan et al. (1994, 2005).
  4. "Bhopal – The world's worst industrial disaster". Greenpeace. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2008. Besoek op 30 Desember 2008.
  5. Simi Chakrabarti. "20th anniversary of world's worst industrial disaster" (in Engels). Australian Broadcasting Corporation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne