Bianca (maan)

Daar is ook ’n asteroïde met die naam 218 Bianca.
Bianca   
Ontdekking
Ontdek deur Bradford A. Smith / Voyager 2
Datum 23 Januarie 1986
Kleinplaneet-benamingUranus VIII
Wentelbaaneienskappe
Wentelbaanradius 59 165,550 ± 0,045 km[1]
Wentelperiode 0,434578986 ± 0,000000022 d[1]
Baanhelling 0,19308 ± 0,054° (tot Uranus se ewenaar)[1]
Satelliet van Uranus
Fisiese eienskappe
Afmetings 64 × 46 × 46 km[2]
Gem. radius 25,7 ± 2 km[2][3][4]
Oppervlakte ~8 300 km²[nota 1]
Volume ~71 000 km³[nota 1]
Massa ~9,2×1016 kg[nota 1]
Gem. digtheid ~1,3 g/cm³ (veronderstel)[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,0086 m/s²[nota 1]
Ontsnapping-
snelheid
~0,022 km/s[nota 1]
Rotasieperiode Sinchronies[2]
Ashelling 0[2]
Temperatuur ~64 K[nota 1]

Bianca is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 23 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 9 gekry.[5] Dit is daarna genoem na die suster van Katherine in William Shakespeare se toneelstuk The Taming of the Shrew. Dit het ook die naam Uranus VIII.[6]

Bianca behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Perdita, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit.[7] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[7] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 27 km[2] en geometriese albedo van 0,08[7] is feitlik niks oor Bianca bekend nie.

Op die Voyager 2-foto's lyk Bianca soos ’n langwerpige voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,7 ± 0,2.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Jacobson 1998
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Voyager 2001
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named JPL-SSD-sat_phys
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Williams 2007 nssdc
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IAUC 4168
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gazetteer
  7. 7,0 7,1 7,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Hubble 2001


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne