Bingu wa Mutharika | |
Bingu wa Mutharika in 2009 | |
3de President van Malawi
| |
Ampstermyn 24 Mei 2004 – 5 April 2012 | |
Vise | Cassim Chilumpha Joyce Banda |
---|---|
Voorafgegaan deur | Bakili Muluzi |
Opgevolg deur | Joyce Banda |
8ste Voorsitter van die Afrika-unie
| |
Ampstermyn 31 Januarie 2010 – 31 Januarie 2011 | |
Voorafgegaan deur | Moeammar al-Ghaddafi |
Opgevolg deur | Teodoro Obiang Nguema Mbasogo |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Brightson Webster Ryson Thom 24 Februarie 1934 Thyolo, Njassaland (nou Malawi) |
Sterf | 5 April 2012 (op 78) Lilongwe, Malawi |
Politieke party | DPP (2005–2012) UDF (1986–2005) |
Eggenoot/-note | Ethel Mutharika (1984–2007; haar dood) Callista Chimombo (2010–2012; sy dood) |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Universiteit van Delhi Kaliforniese Miramar-universiteit |
Bingu wa Mutharika (/muˈtærɪkə/ gebore: Brightson Webster Ryson Thom; 24 Februarie 1934 – 5 April 2012) was 'n Malawiese politikus en ekonoom wat president van Malawi was van Mei 2004 tot sy dood in April 2012. Hy was ook president van die Demokratiese Progressiewe Party wat hy in Februarie 2005 gestig het. Die party het tydens die algemene verkiesing in 2009, 'n meerderheid setels die parlement van Malawi behaal. Tydens sy twee ampstermyne is hy in 2010–2011 die voorsitter van die Afrika-unie, asook betrokke by verskeie binnelandse kontroversies. In 2009 het hy 'n private presidensiële vliegtuig vir $ 13,26 miljoen gekoop. Dit is byna onmiddellik gevolg deur 'n landswye brandstoftekort wat amptelik geblameer is vir logistieke probleme, maar meer waarskynlik was as gevolg van die buitelandse valuta tekort wat veroorsaak is deur die bevriesing van hulp deur die internasionale gemeenskap.[1] Hy is op 5 April 2012 dood aan hartstilstand in Lilongwe. Hy was 78 jaar oud.