Die Bismarck was 'n slagskip van die Duitse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die skip het beroemd geraak nadat hy die trots van die Britse Vloot, die HMS Hood, op 24 Mei 1941 gesink het. Die Bismarck is 'n paar dae later self deur die Britse Vloot in 'n opvolgaksie gekelder.